Seep resep en metode met praktiese wenke
Jy berei eerste die beesvet (tallow) voor.
Tweedens voeg jy soda by die beesvet om basiese seep te maak.
Derdens laat staan jy die basiese seep sodat dit die regte
PH balans kan bereik en sodat dit kan verhard.
Vierdens kan jy dan die basiese seep gebruik in resepte vir handgemaakte
seep waarby kleursels, geursels, kruie en speserye gevoeg word.
Deel 1: Hoe om beesvet (tallow) te kook vir die maak van seep
Stap 1: Ek het 5kg se beesvet by n slagter gekoop teen R3 n kilogram.
Ek het soda by Pick n Pay gekoop (by die skoonmaakmiddels rak)
Stap 2: Sny die beesvet stuk vir stuk met n skerp mes in blokkies.
My man het my gehelp om die vetblokkies deur n vleismeul te druk.
(jy kan die slagter vra om die vet vir jou te meul)
Stap 3: Jy kan die beesvet op jou stoof smelt of buite op n vuur.
Ek het helfde van die beesvet in n groot gietyster kastrol gegooi
en sowat 1,5 liter water en n handjievol sout daarby gevoeg.
Stap 4: Roer die beesvet en water oor n matige temperatuur.
Druk groterige stukkies vet plat met jou houtlepel.
Moenie jou pot oorlaai nie, as dit oorkook kan dit aan die brand slaan.
Die beesvet neem so 30-40 minute of langer om goed uit te kook.
Stap 5:Wanneer al die beesvet gemelt is en meeste van die water afgekook het
gooi die vet deur n sif in n bak en laat die afkoel.
In die sif sal daar stukkies vleis oorbly.
Gooi dit in n bakkie en laat afkoel en voer dit vir tuinvoels of n hond.
Die afgekoelde beesvet begin stol.
Nou kan jy dit in jou yskas of vrieskas bere tot jy seep gaan maak.
Herhaal die proses om die orige helfde van die beesvet te smelt.
>> Kliek vir Deel 2: Hoe om basiese seep te maak
|